
Die A- en B-afdeling konsep van hierdie reeks gee spelers met min of geen ondervinding die geleentheid om te kompeteer teen spelers van dieselfde standaard en meer ondervinding op te doen. Elke toernooi word op een dag gespeel en spelers van oor die hele Boland kom neem deel.
Die Meesters toernooi aan die einde van die seisoen is ‘n uitnodigings toernooi. Die top 8 spelers in slegs die A-afdelings word genooi om te kom speel om te sien wie is die “Meesters” vir die jaar. Om te kwalifiseer om genooi te word moet ‘n speler ten minste 3 toernooie (of 2, sien reëls) in die reeks van 5 gespeel het gedurende die jaar. Punte word toegeken volgens die posisies behaal in die vorige toernooie en die somtotaal van die 3 beste uitslae per speler word bereken om die top 8 te bepaal wat genooi word.
Die Boland reeks is baie gewild, veral omdat dit bekostigbaar is (1/3 prys van SATA toernooie), asook die feit dat spelers verskeie wedstryde speel en dit slegs een dag duur. Dit maak dit meer toeganklik vir ouers en vriende om ook die dag te kom kyk hoe die kinders speel. SATA toernooie is vir meer gevorderde tennis spelers en daardie toernooie word gewoonlik oor verskeie dae en naweke gespeel.
Reëls / Rules:
Boland Wilson Junior Slam Tennisreeks Reëls en Inligting
2017 Kalender:

More about the sponsor:
Wilson