School Tennis


Boland Platteland Proewe Uitslae vir Hoërskole

boland-tennis-logo2

Die 2015 Boland Platteland Proewe Uitslae vir Hoërskole kan hieronder afgelaai word:

Uitslae Boland Platteland Proewe 2015

Boland Platteland Hoërskole bestaan uit 4 hoof streke ,

Noord-Wes (Lutzville, Vredendal, Clanwilliam ens) ,

Wes-Boland (Piketberg, Malmesbury, Mooreesburg, ens) ,

Suid-Boland ( Hermanus, Caledon, Bredasdorp, ens) ,

Noord-Boland (Worcester, Rawsonville, Robertson, Ashton, Montagu, Bonnievale, Swellendam, Ceres, Wolseley, Tulbach, Bokkeveld, ens)  .

 


Boland Laerskole Proewe 2015 Uitslae

boland-tennis-logo2

Hiermee die finale rangorde vir die BOLAND LAERSKOLE TENNISSPAN 2016

Baie geluk aan die spelers met jul prag prestasie. Groot dankie aan al die beamptes  en ouers wat so gewillig gehelp het tydens die 3 dae.  Ek wil ook die spelers bedank vir hul goeie gedrag op en af van die baan.

Sien asseblief die blad met die spanverdeling vir die voorlopige spanne en waar hulle gaan speel.  Let asseblief dat die 0/13 span groot beinvloed word met die onttrekking van die top 4 wat na die SA Skole week gaan.  Alle spelers dien as resewes en daarom moet ouers en spelers reeds hul beplanning in plek kry vir volgende jaar.   Ouers sal korrespondensie vroeg in Januarie ontvang met  meer inligting.

Geniet die vakansie en veilig reis.

Groete

Marianne Grobler

 

Die finale telkaarte van die proewe en die Boland Spanne kan hier afgelaai word, BOLAND PROEWE 2015 finale telkaarte