Daily Archives: 06/09/2020


Breede Vallei / Langeberg Laerskole Tennisproewe 2020

 

Geagte ouers, onderwysers, afrigters en spelers

 

Voor u verder lees bestudeer asb. meegaande aanhangsels.

SAFE RETURN TO TENNIS – LEVEL 2

TENNIS COVID-19 INFO PACK TOURNAMENTS

Ons hervat ons treekstoernooi vir deelname aan ons inter-distrikte toernooi. Ouers skryf self op die webtuiste in en word skole slegs versoek om inligting aan spelers deur te gee. Afrigters ontvang ook die inligting, maar spelers is nie noodwendig by ‘n afrigter nie. Inskrywings sal oop wees op tennisonline.za.net vanaf Maandag 7 September

Ons het slegs een toernooi afgehandel pre-Covid van die beplande 3 vir 2020. Daar was vir ongeveer 5 maande nie tennis nie en is ons dankbaar om tennis te kan hervat.

Die span vir die inter-distrikte sal uit hierdie toernooi en die afgehandelde ene gekies word. Spelers se beste poging tussen die 2 sal tel. Waar spelers gelyk is sal die mees onlangse toernooi se prestasie die voorkeur ontvang.

Datums en venues is beperk en is daar “Compliance Officers” aangestel vir elke venue.

Om streng by TSA se protokolle te hou die volgende :

  1. Elke speler moet ‘n filtpen bring om sy/haar balle te merk. Elke speler sal 2 balle ontvang waarmee hy/sy sal dien. Die balle word deur die speler gemerk en net hy/sy hanteer die balle. Die opponent moet die balle met die raket aanslaan of skop vir die speler wat dien. Onder geen omstandighede mag jy aan die speler wat dien se balle raak nie. Wanneer ‘n speler se dienspot verby is bêre hy/sy die balle en gebruik di eopponent sy/haar eie balle om te dien. Elkeen merk sy/haar balle.
  2. Vir beter tydsindeling sal daar volgens tyd gespeel word. Elke wedstryd sal 25 minute duur. Die “Compliance Officer” sal ‘n fluitjie blaas waar alle wedstryde op alle bane begin. Na 25 minute sal hy/sy weer die fluitjie blaas vir die einde van die wedstryd. Die speler wat voor is wanneer die fluitjie blaas sal die wenner van die wedstryd wees. Dit word gedoen sodat daar streng by tye gehou kan word en ouers presies weet wanneer om spelers af en op te laai. (Hierdie nuwe formaat is met welslae in Europa gebruik tydens die grendeltyd)
  3. Slegs spelers gaan by venues toegelaat word en moet hulle met die korrekte maskers opdaag en hul eie sanitizer saambring.

Venues is en “compliance officers” is baie beperk : Ons gebruik net venues met 6 bane.

Saterdag 19 September 2020

0/10 Seuns                          H/S Robertson  8:00 tot klaar                                      Marius Tredoux

0/11 Seuns                          H/S Charlie Hofmeyr Ceres 8:00 tot klaar               Riaan Scholtz

0/14 Dogters                      Robertson tennisklub 08:00 tot klaar                       Chrissie Burger

0/12 Dogters                      Ceres tennisklub 08:00 tot klaar                                 Hanle Lourens

Saterdag 26 September 2020

0/12 Seuns                          H/S Robertson  8:00 tot klaar                                      Marius Tredoux

0/14 Seuns                          H/S Charlie Hofmeyr Ceres 8:00 tot klaar               Riaan Scholtz

0/10 Dogters                      Robertson tennisklub 08:00 tot klaar                       Chrissie Burger

0/11 Dogters                      Ceres tennisklub 08:00 tot klaar                              Hanle Lourens

 

Alle inskrywings(vir alle ouderdomme) sluit Sondag 13 September om 22:00. AGV Covid-regulasies gaan GEEN laat inskrywings hanteer word nie.

Inskrywings beloop R180-00 per speler.

Kliek hier vir om in te skryf vir Finale Rondte  proewe –>Inligting en Inskrywingsvorm

 

Dankie
Jakkie Burger (organiseerder)