Kavaliers Oefenkamp 2020


Kavaliers Tennis Afrigtersvereniging

bied aan

Kavaliers Oefenkamp 2020

Saterdag 18 Januarie en Sondag 19 Januarie 2020 te Stellenbosch

(Agv beskikbaarheid van bane sal slegs die eerste 140 inskrywings aanvaar word)

Dit is vir die junior komitee aangenaam om u kind uit te nooi na die jaarlikse Kavaliers Oefenkamp.  Die oefenkamp staan onder leiding van Pieter Joubert en 12 professionele afrigters uit die Kavaliers Streke.
Die program sal ook die jaar weereens‘n High Performance program insluit vir die top 16 spelers in die Kavaliersspanne o/11-o/13.

Met hierdie uitstekende geleentheid as voorbereiding vir die nuwe jaar wil ons die top 24 spelers van die Kavaliersspanne vir 2020 vra om asb. die kamp by te woon.  Hierdie geleentheid sal ook gebruik word om die voorbereiding te doen vir die provinsiale wedstryde asook die laaste klerebestellings te doen.

Die volgende kinders kan die kamp bywoon:

  1. Top 32 spelers wat speel in Kavaliers proewe vir 2020: /11, /12 en /13
  2. Laerskool kinders in die Kavaliers Streekspanne word uitgenooi (Wynland Stellenbosch, Drakenstein, Weskus, Overberg en Breederivier-Langeberg-Witzenberg)

Koste: R580 per leerling, 2 kinders per gesin betaal R1070 en 3 kinders per gesin R1470 (As daar probleme is met finansies skakel Annelize by Sel: 0825630675 )

Tye:  Saterdag 18/1 08h30 tot 16h30; Sondag 19/1 08h30 tot 15h30,
Middagetes: 12h30 tot 14h00 (kinders bring eie etes en kan weggeneem word vanaf die bane tydens die middag pouse)

3.     Kamp vir o/9 Spelers: 
Afrigters moet eers die spelers nomineer (by amtennis@adept.co.za) voor hulle kan inskryf (minimum vereiste is dat kinders moet kan rally ten minste 20 balle – indien hulle in die Wilson toernooie gaan speel volgende jaar moet hulle A-Afdeling speel)
Koste: R460 (slegs soggens)
TYD: Saterdag 08h30 – 12h30 en Sondag 08h30 – 12h30

Inskrywings sluit: Vrydag 3 Januarie 2020 (geen telefoniese navrae nie, kontak my by amtennis@adept.co.za) – inskrywings op Tennisonline.za.net
Agv beskikbare bane sal slegs die eerste 140 inskrywings aanvaar word

  • ASSEBLIEF, geen boeties en sussies wat nie in die spanne is nie, kan inskryf nie.

·        *NB!* Indien u kind nie die volle duur van die kamp kan bywoon nie, kan hy/sy ongelukkig nie inskryf nie 

Organiseerder: Annelize Morkel
Sel: 0825630675 / Tel: 0218547842 / Faks: 0865370258    Epos: amtennis@adept.co.za

 

Oefenkamp Inskryf Vorm

 

Kliek onder om die inligtingsblad af te laai indien u dit wil uitdruk.

2020-Kavaliers-Oefenkamp

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *