Boland Wilson Meesters Toernooi 2015


BOLAND MEESTERS TOERNOOI 2015, Saterdag 19 September, Stellenbosch

Beste Ouers, Spelers en Afrigters

Die uitnodigings lys en inskryfvorm vir die Wilson Boland Meesters toernooi van 2015 (o/10, o/11, o/12, o/13, o/14 en Ope afdeling) is beskikbaar vir aflaai hieronder. Daar is nie ‘n o/9 B-Afdeling Meesters nie. Kliek asb op skakel.

2015 Meesters Uitnodiging en Inskryfvorm

Meestersuitnodigingslys

Baie geluk aan almal wat uitnodigings ontvang het. Dit is baie belangrik dat alle spelers op die lys, ingesluit reserwes, vir Theresa Bakker, die organiseerder, so spoedig moontlik per epos bevestig of hul beskikbaar is om te kan speel al dan nie. Dit moet teen einde DONDERDAG, 8 September afgehandel wees, waarna by gebrek aan bevestiging, sulke spelers vervang sal word met reserwes.

NB: Alle navrae moet asb direk aan die organiseerder gerig word. Theresa Bakker SEL : 083 277 3374 MAIL : theresa@matchpointtennis.co.za

Vriendelike groete en sterkte!
Tennisonline