Boland Wilson Junior Slam Reeks

Wilson Tennis

Die Boland Tennis Afrigters Vereniging, met Wilson as trotse borg, bied ‘n reeks aan vir spelers van o/9 tot o/16 en vir alle standaarde.  Die reeks bestaan uit 5 toernooie deur die jaar en ‘n Meesters toernooi aan die einde.  Dit word op ‘n rondomtalie (Round Robin) formaat gespeel en dan ‘n verdere uitklop om die finale posisies te bepaal.  Spelers kry dus baie wedstrydgeleentheid wat beter vordering en ‘n dag vol tennis verseker.

Die A- en B-afdeling konsep van hierdie reeks gee spelers met min of geen ondervinding die geleentheid om te kompeteer teen spelers van dieselfde standaard en meer ondervinding op te doen.  Elke toernooi word op een dag gespeel en spelers van oor die hele Boland kom neem deel.

Die Boland reeks is baie gewild, veral omdat dit bekostigbaar is (1/3 prys van SATA toernooie), asook die feit dat spelers verskeie wedstryde speel en dit slegs een dag duur. Dit maak dit meer toeganklik vir ouers en vriende om ook die dag te kom kyk hoe die kinders speel. SATA toernooie is vir meer gevorderde tennis spelers en daardie toernooie word gewoonlik oor verskeie dae en naweke gespeel.

Reels / Rules:
Wilson Boland Junior Slam Tennisreeks Reels en Inligting 2014
Kalender / Calendar 2014:
Tournament Kalender / Calendar vir 2014:

Boland Tennis

Boland Tennis

 

More about the sponsor:
Wilson

6 thoughts on “Boland Wilson Junior Slam Reeks

  1. How late do you think they will finish up at the Rox Paarl Tournament on th 25th Feb?
    Ta
    Traci

    • The Paarl ROX tournament is usually the biggest, so it depends on how many kids are in the groups, how many courts available, etc. More importantly though, if your child goes through to one of the finals, you can probably expect to be there still at 18h00.

  2. Hi Albi waar kry ek die Rox Robertson uitslae. Ek sien dit nie op hierdie webwerf nie. Groete Marietjie

    • Marietjie

      Dit is beskikbaar vanaf ‘n skakel op die hoofblad in die artikel onder die hofie, Robertson Rox 2013 Results.
      Dit is ook beskikbaar saam met al die vorige uitslae, vanaf die “menu” bo, Tournaments -> Rox Series -> Rox Results

      Hoop jy kom reg.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>