Kavaliers Oefenkamp 2018


boland-tennis-logo2

Boland Tennis Afrigtersvereniging

bied aan

Kavaliers Oefenkamp 2018

Woensdag 10 Januarie en Donderdag 11 Januarie 2018 te Stellenbosch.

Dit is vir die junior komitee aangenaam om alle kinders in die Kavaliers Streekspanne uit te nooi na die jaarlikse Kavaliers Oefenkamp op Stellenbosch. Ongeveer 29 jaar gelede het die afrigters in die Boland, met groot motivering van Gerrie Berner, die leemte gesien dat die top Bolandse juniors nooit die geleentheid kry om saam te oefen nie. Dit het gelei tot die onstaan van die Boland (nou Kavaliers) Oefenkamp wat jaarliks gehou word voor die skole begin in Januarie. Dit is die enigste Provinsie in die land waar so iets vir so ‘n groot aantal van hulle spelers gebied word. Tussen 150 – 220 kinders woon die kamp jaarliks by.  Die Boland Tennisafrigtersvereniging bied die kamp aan in samewerking met die Kavaliers Junior Komitee.

13 gekwalifiseerde professionele afrigters wat beskikbaar is, word genooi om as afrigters by die kamp op te tree. By die kamp word daar gefokus op taktiese spel, om sodoende die kinders meer wedstrydgereed te maak en hulle toe te rus om verskillende spelpatrone te speel. Geen tegniese afrigting word gedoen nie. Die kamp skep ook ‘n geleentheid waartydens die afrigters wat daar optree, die geleentheid kry om ‘n kursus by te woon om hulle kennis van die sport verder uit te brei. Die kamp skep ook ‘n platvorm waarby die afrigters ‘n geleentheid kry om saam te werk en idees uit te ruil.

Meer inligting en die inskryfvorm beskikbaar by Kavaliers Oefenkamp 2018 inskryfvorm ( Skryf hier in )

2018 Laerskole Spanne Name
2017 Hoerskole name Oefenkamp